Riviereland – Karel Schoeman

R350.00

In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor ‘n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor ‘n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van ‘n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.

In stock

SKU: 9781869194970 Category: Title: Riviereland
Author: Karel Schoeman
Publisher: Protea Boekhuis
Year: 2011
ISBN10: 1869194977
ISBN13: 9781869194970
Condition: Very Good
Format: Hardcover
Inventory No: 57

Description

In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor ‘n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor ‘n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs. Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van ‘n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.

Additional information

Weight 0.79 kg
Dimensions 30 × 15.2 × 3 cm

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Riviereland – Karel Schoeman”