Description
Albert Blake moet gelukgewens word met sy uitstekende boek oor Robey Leibbrandt wat onlangs op die winkelrakke verskyn het, veral omdat die inhoud gerugsteun word deur ‘n uitgebreide bibliografie, insluitende ‘n reeks primêre en argivale bronne, hofverslae, koerant- en tydskrifartikels sowel as elektroniese bronne. Die bronverwysings in die vorm van voetnotas vir die 22 hoofstukke, insluitende die nawoord, beslaan 24 bladsye, wat dit moontlik maak vir enige kritiese leser om die rapportering in die teks te kontroleer.
Die skryfstyl is gemaklik en ongekompliseerd en die wyse waarop die teks aangebied word, het my aandag deurgaans baie effektief geboei.
Reviews
There are no reviews yet.